Sonskoorsteen

Skematiese voorstelling van 'n sonskoorsteen.

'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug.

Die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 'n swartgeverfde skoorsteen. In daglig verhit die sonenergie die skoorsteen wat die lug daarbinne verhit en 'n opwaartse stroom lug daarin bewerkstellig. Die suigkrag wat deur die lugstroom by die skoorsteen se basis veroorsaak word kan gebruik word om ventilasie en verkoeling van die gebou daaronder te bewerkstellig. In die meeste wêrelddele is dit gewoonlik makliker om windkrag vir sulke ventilasie doeleindes te benut, maar nie op warm windlose dae wanneer so 'n toring ventilasie kan verskaf waar daar andersins geen ventilasie sou wees.

Hierdie beginsel is al voorgestel vir die opwekking van elektriese krag, wat 'n groot kweekhuis by die basis gebruik eerder as om op die verhitting van die skoorsteen self staat te maak.

Die hoofprobleem met die benadering is die relatiewe klein temperatuurverskil tussen die hoogste en laagste temperature in die stelsel. Carnot se teorie beperk die doeltreffendheid van die omsetting tot 'n groot mate onder hierdie omstandighede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search